Corlea Botha by die Boer

Corlea – die langverwagte solo album , “Onbreekbaar” maak uiteindelik sy verskyning, agt jaar na die uitreiking van “Wie ek is”.

 

Aanhangers kan natuurlik uitsien om die ou gunstelinge te hoor (Swart Koffie, Sonvanger), maar saam met hierdie nuwe album kom ‘n nuwe klank en voorkoms vir Corlea, asook ‘n splinternuwe vertoning.

 

Van die nuwe gunstelinge is: Breek my hart, Uit klip gekap, Bittersoet en Onbreekbaar.

 

Met hierdie vertoning bewys sy weer dat sy die musiekgrense verskuif  buite elke boksie waarin iemand haar wou plaas.

 

Kom luister na ‘n vertoning wat die boodskap van hoop, liefde en uitkoms spreek.

 

Vir die eerste keer in 3 jaar weer terug by die Boer restaurant Teater in Durbanville 3-5 Okt om 20:30 en Sondag 6 Okt om 13:30.

Kaartjies kos R155 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com